In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie Mel die Storieverteller in lewende lywe op ’n verhoog lyk. Nou stroom gehore na haar vertonings, want Mel is skreeusnaaks in die regte lewe ook – vir mans én vroue. In haar derde komiese een-vrou-vertoning, Internet Sensasie, ontdek gehore dat Mel nou ook kan sing!
Mel deel eerstehandse stories uit die elektroniese oerwoud: Oom Riekert se groot fout, ’n beplande vuisgeveg by KuduKraal, hoe Mel die Storieverteller ontstaan het en die vreemde siekte op haar voorkop. Vars, onverwags en bleddie belaglik – alles glo waar, want Facebook sê so!